PE Church Net
Christian Calendar - Details of Event

Kermis by NG Kerk Heideveld

1st June 2018 (Friday)


Ons hou op Vrydag 1 Junie 2018 om 16h30 ons heerlike jaarlikse kermis. Ons is op die hoek van Dundeeweg en Stirlingstraat, Rowallanpark. Ons bekende pasteie, kerrie en rys, sosaties, roosterkoeke en potjiekos kan jy nie misloop nie. Kerrievetkoek, worsrolle, hamburgers en jaffles is ook op die spyskaart, plus allerhande nodige en onnodige soetighede vir groot en klein. Rond alles af met plaasvars groente en vrugte (sommiges omgetower tot heerlike konfyt) net om die gesondheid weer te herstel. Ons handwerk en speelgoed tafels het alles van mooi tot mooiste. Kom kyk ook by ons padstal vir allerhande verrassings. Kontaknommer 041 - 3712435.

[ More about N.G. Kerk PE Heideveld  ~  Map ] 
[ Back ]   [ Calendar Main Page ]   [ Submit your Christian Event ]