MISSIE
Ons missie is om elke kind by Laerskool Verkenner ‘n wenner te maak.
VISIE
- Om die Laerskool Verkenner as opvoedingsinstansie met ‘n Christelike grondslag en Afrikaans as medium van onderrig uit te bou tot ‘n skool waarop almal met reg trots kan wees.
- Om maksimale geestelike, akademiese, kulturele, fisiese, estetiese en beroepsontwikkeling aan elke leerder te bied sodat aan die verwagtinge van die onderwysowerheid, opvoeders en die ouergemeenskap voldoen sal word.
- Om altyd ons leerders se belange voorop te stel en hul talente, gawes en vermoëns optimaal te ontwikkel.
- Om doelgerig ons leerders voor te berei en te lei om as verantwoordelike burgers hul lewenstaak in hul gesin, kerk, gemeenskap, werkplek en vaderland te kan verrig.
- Om as verlengstuk van die ouerhuis saam met die ouers ‘n navolgingswaardige voorbeeld te stel.
- Om ons goeie beeld te beskerm, uit te bou en goeie verhoudinge met die gemeenskap te handhaaf.
|
AKADEMIE
Graad 0 tot Graad 7
KULTUUR
Koor
SPORT
Verkenner bied die volgende sport aan:
• Tennis
• Krieket
• Netbal
• Rugby
• Landloop
• Atletiek
KONTAK
Tel: 041 360-1200
Faks: 041 360-8833
Epos: verkenner@telkomsa.net
Gardeniastraat,
Linton Grange,
Port Elizabeth |